Nuwe klets kamer: NetPret

Sep 19, 2016 | 0 comments

 

Ons geniet dit vreeslik om te gesels met die mense op die NetPret Klets Kamer, en dink regtig hulle is ‘n groot aanwins tot Chat27. Help hulle asseblief om so populêr as moontlik te word!

In hul eie woorde: 

Ons klets in Afrikaans waar ons net pret het op NetPret. Ons het ons eie DJ wat vir ons lekker musiek speel terwyl ons klets. Saterdae aande bied ons DJ die NetPret Top20 aan en Sondagmiddae is dit die Afrikaanse Top20. Ons het ook gereeld musiek speletjie aande waar die kletsers kan stem vir hulle gunsteling liedjies. Kom loer gerus in en he pret saam met die NetPret familie.